Persona non grata

Die term persona non grata (Latyn, meervoud: personae non gratae), letterlik "’n onwelkome persoon", verwys in diplomasie na ’n buitelandse mens wat deur ’n spesifieke land verbied word om dié land binne te gaan of daar te bly. Dit is die ernstigste vorm van sensuur wat ’n land kan toepas op buitelandse diplomate, wat andersins deur diplomatieke immuniteit beskerm word teen inhegtenisneming en ander vorme van vervolging.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search